Home‎ > ‎

Produkte

Onder aan is die verskeie afdelings van ons produktegids, asook huidige pryslys, wat u kan aflaai op u foon of rekenaar.

Die lys fokus hoofsaaklik op beeste en skape.  Indien u meer inligtig benodig oor suiwel, varke, pluimvee, volstruise, ens., kontak asb. n maatskappy verteenwoordiger.

Inligting m.b.t. beweging van pryse:

Pryse het primêr opwaards beweeg by die vitamine verskaffers deurdat fabrieke in China afgebrand het (vier maande gelede) wat vitamine A; E en andere in skaarste gedompel het met katastrofiese gevolge vir die hele voer-industrie. Die verhogings in pryse wat ons hier gesien het was tot 300%.

Tweedens sit ons nou in die najaar waar dit tradisioneel, die afwagting is vir nuwe oeste wat moet inkom, beginnende April 2018. Hierdie tydperk word eerstens gekenmerk deur fokus wat val op oordragvoorraad wat beskerm word  teenoor die onsekerheid wat bestaan t.o.v. voorlopige oesskattings. Dan was daar in die onlangse verlede, 'n hofsaak tussen Foskor en ander rolspelers in die fosfaatbedryf waar die uitspraak tot die nadeel was van almal in die lanboubedryf en sien ons pryse wat skerp opwaards gereageer het hierop.

Ook het dit bekend geword dat Katoensaad onbekombaar sal wees tot die nuwe oes inkom in Mei 2018 en het die mark dienooreenkomstig skerp opwaards gereageer . . . so ook gaan Voergraad Ureum
deur sy jaarlikse gebruiklike skaarste wat vanaf nou tot einde April sal voortduur.

Laastens was daar 'n opwaardse beweging in pryse van graan (R150/t) wat ondersteun word deur uiters warm weertoestande en aanplantings wat nog nie afgehandel is in al die mielieproduserende gebiede nie. Die satelietkaart vir die hele Noordweste van die land wys uit dat grondvog uiters kritiek laag is en dra dit by tot hierdie prysbeweging wat ons nou sien.

Die heersende politiek in die land poog om die rand tegies te ondersteun, maar vertrou die markte nie die seine nie en sien ons dat kommoditeite nie hierop wil verhandel nie.

Daar is egter indikators van dat pryse sal terugsak in die tweede kwartaal wat betyds behoort te wees om beter pryse vir die winter te kan kwoteer.
Ċ
Ian Fraser,
Feb 17, 2014, 5:24 AM
Ċ
Ian Fraser,
Nov 6, 2013, 10:51 PM
Ċ
Bulle.pdf
(1301k)
Ian Fraser,
Feb 17, 2014, 5:24 AM
Ċ
Ian Fraser,
May 18, 2015, 2:10 AM
Ċ
Ian Fraser,
May 18, 2015, 2:10 AM
Ċ
Lobol515.pdf
(1460k)
Ian Fraser,
Feb 17, 2014, 5:25 AM
Ċ
Ian Fraser,
Feb 17, 2014, 5:26 AM
Ċ
Ian Fraser,
Nov 6, 2013, 10:51 PM
Ċ
Ian Fraser,
Nov 6, 2013, 10:51 PM
Ċ
Ian Fraser,
Aug 11, 2019, 2:08 AM
Ċ
Ian Fraser,
Feb 17, 2014, 5:28 AM
Ċ
Ian Fraser,
May 18, 2015, 2:10 AM
Ċ
Ian Fraser,
Feb 17, 2014, 5:29 AM
Ċ
Ian Fraser,
Feb 17, 2014, 5:31 AM
Comments